Kanada Immigrasie 27. Verniet geld per kind. Tot $533 per kind per maand (onder 6). Tot $450 van 6-17.
12/31/19 • 8 min
Verniet geld vir kinders klink te goed om waar te wees. Maar, dis een van die wonderlike voordele van Kanada. Die geld se naam is "Child and Family Benefits". Dit word bereken volgens jou inkomste en werk op 'n glyskaal. Wat is die voorwaardes hiervan? Jy moet "Permanent Resident" status hê, jy moet in Kanada woon, en jou kind of kinders moet by jou woon. Daarna gee jy jou "Notice of Assessment" in -- dis die vorm wat aandui hoeveel jy per jaar verdien het. Jy kry dan 'n bedrag per kind bereken volgens die kinders se ouderdomme en jou inkomste -- tot hulle 17 is.
Hoeveel? Net 'n vinnige nommer. As jy $50 000 verdien (in British Columbia), en jy het 4 kinders -- 2 onder 6 en 2 oor 6, dan sal jy $19 000 per jaar verniet kry en hierdie geld is boonop belasting-vry. Jou kinders verdien 'n "salaris" in Kanada -- gee hulle honderd soentjies! En dan, na die soentjies? Dan begin jy as ouer jou werk doen om elke vorm in te vul om hierdie geld te kry. Die goeie ding hier is dat jy nie oorhaastig hoef te skarrel nie -- jy sal die geld wel terugwerkend kry. Kry hulp by 'n boekhouer of prokureur?
Hier is 'n link om te bereken hoeveel jy kan kry: https://www.moneysense.ca/save/taxes/canada-child-benefit-calculator/

Previous Episode

Kanada Immigrasie 26. Kanada vs Suid-Afrika. Goud, krag, lewensverwagting, inkomste, water. Hoe vergelyk die 2 lande?
Ek maak 'n raai-raai speletjie van Statistiek -- oor Kanada en Suid-Afrika -- eerder as om dit soos 'n lesing vol nuttelose nommers te laat klink. Natuurlik moet mens nogal sug oor alle statistiek, want dis mos net 'n "so-so nommer" -- wat baie faktore buite rekening laat. Maar, ek dink as mens dit oorweeg om Kanada toe te trek, daar wel baie waarde sit in hierdie statistieke.
Next Episode

Kanada Immigrasie 28. VERNIET geld in Kanada. Canada Pension Plan, Old Age Pension, EI, geld per kind.
Kanada gee op 65 vir almal "old-age-pension" (tot $660 p/m) en dan ook Canada Pension van tot $1000 per maand. As jou werk jou afdank, of jy te siek word om te werk, skop jou EI in. Dis 'n versekering wat almal wat werk betaal per maand, sodat jy nie geldloos sal sukkel terwyl jy nie werk nie. Kanada betaal jou ook vir elke kind. Die maksimum is $533 per kind p/m vir kinders onder 6 en dan $450 per maand vir kinders tussen 6 en 17.
Jy moet jouself opvoed oor al hierdie planne. Niemand gaan aan jou deur klop en die geld aflewer nie. Ek vertel hier oor hoe al hierdie verniet geld werk. Dis verskillend in elke provinsie. Jy moet dalk vir jou 'n boekhouer kry om jou daarmee te help, sodat jy nie enige verniet geld in Kanada mis nie.
If you like this episode you’ll love
Episode Comments
Generate a badge
Get a badge for your website that links back to this episode
<a href="https://goodpods.com/podcasts/audreystories-251450/kanada-immigrasie-27-verniet-geld-per-kind-tot-533-per-kind-per-maand-29070639"> <img src="https://storage.googleapis.com/goodpods-images-bucket/badges/generic-badge-1.svg" alt="listen to kanada immigrasie 27. verniet geld per kind. tot $533 per kind per maand (onder 6). tot $450 van 6-17. on goodpods" style="width: 225px" /> </a>
Copy